78ste Oscar-toekenningsaand

  78ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 5 Maart 2006
Plek Kodak-teater, Los Angeles
Aanbieder Jon Stewart
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Crash
Meeste pryse  Brokeback Mountain, Crash,
King Kong en Memoirs of a Geisha (3 elk)
Meeste benoemings  Brokeback Mountain (8)

Die 78ste Oscar-toekenningsaand is op 5 Maart 2006 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2005. Jon Stewart was die aanbieder.

Ang Lee se drama Brokeback Mountain het die meeste benoemings gekry (8). Crash, Good Night, and Good Luck en Memoirs of a Geisha het elk ses benoemings gehad.

Die seremonie is gekenmerk deur die benoeming van baie onafhanklike prente met ’n klein begroting. Baie nuusorganisasies het dit die "Gay Oscars" gedoop[1][2] omdat prente soos Brokeback Mountain, Capote en Transamerica prominente gay of transgender-karakters ingehad het en almal sterk kandidate vir die beste prent, akteur en aktrise was. Die onderwerp van ander benoemde prente het ook gefokus op omstrede politieke en sosiale temas, soos rasseverhoudings en rassisme (Crash) en terrorisme en sluipmoorde (Munich, Syriana).

Daar was taamlike omstredenheid omdat Crash die Oscar vir beste prent gewen het terwyl Brokeback Mountain die gunsteling was en in die aanloop tot die Oscar-aand meer ander pryse gewen het. Albei prente het drie Oscars gewen, so ook Memoirs of a Geisha en King Kong.

Die Suid-Afrikaanse prent Tsotsi het die Oscar vir beste buitelandse rolprent gewen.

  1. Richard Knight, Jr. (1 Maart 2006). "Knight at the Movies: The Year of the Gay Oscars". Windy City Media Group (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 11 Mei 2013.
  2. Doctor, Vikram (26 Februarie 2006). "Bring it on". The Economic Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 11 Mei 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in